Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inkorporeer
inkorporeer [boodskap #141708] Ma, 01 Mei 2023 16:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inkorporeer
Afbreking: in•kor•po•reer


Werkwoord: inkorporeer
Verlede tyd: het geïnkorporeer
Teenwoordige deelwoord: inkorporerende
Verlede deelwoord: geïnkorporeerde

Betekenis:
• Om iets in iets anders op te neem om 'n groter geheel te vorm.

Gebruik:
• 'n Mens moet ook groente en vrugte in jou dieet inkorporeer.
• Hulle het 'n paar maatskappye oor die jare uitgekoop en geïnkorporeer.

Sinoniem:
• assimileer
• insluit
• inlyf
• kombineer
• meng
• opneem
• saamsmelt
• verenig

Afgelei:
• herinkorporeer
• inkorporasie

Vertaling:
Engels: to incorporate
Nederlands: incorporeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: endorfien
Volgende onderwerp: vuurwarm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 06:29:01 MGT 2024