Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spoed
spoed [boodskap #141706] Ma, 01 Mei 2023 12:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spoed
Afbreking: spoed


Selfstandige naamwoord: spoed
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Vinnige vaart/ beweging/ vordering.
• (wetenskap) Die tempo waarteen afstand afgelê word.

Gebruik:
• Ons moet met spoed optree. Die motor het met spoed weggejaag.
• Die bus se spoed is 90 km/h.

Spreekwoord:
• Haastige spoed is selde goed. [Deur te groot haas mis 'n mens maklik jou doel.]
• Hoe meer haas, hoe minder spoed. [As 'n mens oorhaastig te werk gaan, vorder jy nie altyd goed nie.]

Hiponiem:
• loopspoed
• rampspoed
• teenspoed
• voorspoed

Afgelei:
• spoedbeperking
• spoedbestelling
• spoedbestelwa
• spoedbrief
• spoedbult
• spoeddebat
• spoedeiend
• spoedgeval
• spoedgrens
• spoedhobbel
• spoedkursus
• spoedlokval
• spoedmeter
• spoedoperasie
• spoedpos
• spoedvergadering
• spoedvraat
• spoedvrag

Vertaling:
Engels: speed, haste
Nederlands: spoed


Werkwoord: spoed
Verlede tyd: het gespoed

Betekenis:
• Om vinnig te beweeg; met haas voortsnel.

Gebruik:
• Ons spoed na ongevalle.

Vertaling:
Engels: to speed, hurry, make haste
Nederlands: spoeden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stoor
Volgende onderwerp: endorfien
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 06:19:40 MGT 2024