stoor [boodskap #141705] |
Mon, 01 May 2023 10:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stoor
Afbreking: stoor
Werkwoord: stoor
Verlede tyd: het gestoor
Betekenis:
• Om iets te bêre; weg te pak.
• Om te pla; hinder; steur.
Gebruik:
• Die kos word in die spens gestoor.
• Moenie jou pa stoor as hy slaap nie.
Sinoniem:
• bêre
• opberg
• wegbêre
• wegpak
• wegsit
Afgelei:
• stoornis
• storend
• verstoor
Vertaling:
Engels: to store away; to disturb, vex
Nederlands: opslaan; storen
Selfstandige naamwoord: stoor
Meervoud: store
Verkleinwoord: stoortjie
Meervoud van verkleining: stoortjies
Betekenis:
• 'n Plek waar goedere gebêre word.
Gebruik:
• Die deurmekaar stoor moet reggepak word.
Sinoniem:
• bêreplek
• bergplek
• opgaarplek
• opslagplek
Hiponiem:
• datastoor
• houtstoor
• kosstoor
• pakstoor
Afgelei:
• stoorarea
• stoorkamer
• stoorman
• stoorplek
Verwant:
• magasyn
• pakhuis
• pakkamer
• skuur
Vertaling:
Engels: store
Nederlands: opslagplaats
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|