smet [boodskap #141698] |
Mon, 01 May 2023 07:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
smet
Afbreking: smet
Selfstandige naamwoord: smet
Meervoud: smette
Verkleinwoord: smetjie
Meervoud van verkleining: smetjies
Betekenis:
• 'n Infeksie, meestal figuurlik, 'n oneer of blaam.
Gebruik:
• Ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees. [Job 11:15]
Sinoniem:
• klad
• oneer
• skande
• skandvlek
• stigma
• vlek
Afgelei:
• besmet
• erfsmet
• ontsmet
• smetloos
• smetstof
• smetteloos
Vertaling:
Engels: blemish, spot, stain
Nederlands: smet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|