vooruitsig [boodskap #141683] |
Sat, 29 April 2023 13:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vooruitsig
Afbreking: voor•uit•sig
Samestelling: voor + uitsig
Selfstandige naamwoord: vooruitsig
Meervoud: vooruitsigte
Betekenis:
• Wat in die toekoms verwag of voor gehoop word.
Gebruik:
• Die vooruitsig vir reën lyk maar sleg.
• 'n Sonnige naweek word in die vooruitsig gestel.
Sinoniem:
• hoop
• kans
• moontlikheid
• verwagting
• vooruitskouing
Vertaling:
Engels: prospect, outlook
Nederlands: vooruitzicht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|