permit [boodskap #141672] |
Vr, 28 April 2023 14:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
permit
Afbreking: per•mit
Selfstandige naamwoord: permit
Meervoud: permitte
Verkleinwoord: permitjie
Meervoud van verkleining: permitjies
Betekenis:
• 'n Spesiale goedkeuring; vergunning om iets te mag doen.
Gebruik:
• Niemand mag sonder 'n permit kommersieel visvang nie.
Sinoniem:
• magtiging
• vergunning
• verlofbrief
Hiponiem:
• invoerpermit
• skietpermit
• toegangspermit
• uitvoerpermit
• vertrekpermit
• verblyfpermit
• werkpermit
Afgelei:
• permitaansoek
• permithouer
Verwant:
• permitteer
Vertaling:
Engels: permit, license
Nederlands: vergunning, permit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|