finansiering [boodskap #141659] |
Do, 27 April 2023 08:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
finansiering
Afbreking: fi•nan•sie•ring
Samestelling: finansier + -ing
Selfstandige naamwoord: finansiering
Meervoud: –
Betekenis:
• Die handeling van finansier. Om geld beskikbaar te stel/ kapitaal vir 'n doel voor te skiet.
Gebruik:
• Koop u op kontant of kan ons vir u finansiering reël?
Wisselvorm:
• finansiëring
Sinoniem:
• befondsing
Hiponiem:
• motorfinansiering
• skarefinansiering
• skuldfinansiering
• staatsfinansiering
Afgelei:
• finansieringsmaatskappy
• finansieringsmetode
Vertaling:
Engels: financing, funding
Nederlands: financiering
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|