beethê [boodskap #141628] |
Ma, 24 April 2023 17:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beethê
Afbreking: beet•hê
Werkwoord: beethê
Verlede tyd: het beetgehad
Betekenis:
• Om iets met die tande of hande vas te gryp, soms ook figuurlik, wysmaak, verstaan of insien.
Gebruik:
• Toe ek daar kom het die hond die dief aan die broek beetgehad.
Spreekwoord:
• Die kat aan die stert beethê. [Om iets verkeerd te verstaan]
Sinoniem:
• vashê
• vashou
• vasklou
Verwant:
• beetkry
Vertaling:
Engels: to bite, grab hold
Nederlands: beethebben
Nota:
• "Beet" is die verlede tyd van die Nederlandse werkwoord bijten (byt).
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|