Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » maanhaar
maanhaar [boodskap #141604] Vr, 21 April 2023 13:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
maanhaar
Afbreking: maan•haar
Samestelling: maan + haar


Selfstandige naamwoord: maanhaar
Meervoud: maanhare
Verkleinwoord: maanhaartjie
Meervoud van verkleining: maanhaartjies

Betekenis:
• Die lang nekhare van diere soos perde, leeus, ens.
• 'n Leeu of ander dier met sulke hare; kraagmannetjie.
• Iets wat soos sulke hare lyk, soos lang gras op die middelmannetjie van 'n uitgeryde grondpad.

Gebruik:
• Die perd se maanhare blink in die son.
• Ons het 'n ou maanhaar in die pad gesien lê.
• Soos ons deur die veld ry, vou die pad se maanhare onder die bakkie se onderstel in.

Afgelei:
• maanhaarjakkals
• maanhaarleeu
• maanhaarpaadjie
• maanhaarpad

Vertaling:
Engels: mane of hair; male lion; ridge
Nederlands: manen, lange nekharen; mannetjes leeuw; rug

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tittewyt
Volgende onderwerp: aangaande
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 06:44:49 MGT 2024