Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onderdeur
onderdeur [boodskap #141601] Fri, 21 April 2023 11:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
onderdeur
Afbreking: on•der•deur
Samestelling: onder + deur


Bywoord: onderdeur

Betekenis:
• Aan die onderkant deur.
• (figuurlik) Wat nie die doel haal nie.

Gebruik:
• Die kind kruip onderdeur die tafel.
• Die finansies lyk maar sleg. Ons is onderdeur die maand.

Antoniem:
• bo-oor

Afgelei:
• onderdeurloop
• onderdeurspring

Vertaling:
Engels: passing through below, going underneath
Nederlands: onderdoor


Selfstandige naamwoord: onderdeur
Meervoud: onderdeure
Verkleinwoord: onderdeurtjie
Meervoud van verkleining: onderdeurtjies

Betekenis:
• Die onderste helfte van 'n deur wat uit twee dele bestaan.

Gebruik:
• Die kombuis het 'n bo- en 'n onderdeur.

Spreekwoord:
• Hy loer oor die onderdeur. [Hy begin in meisies belangstel.]

Antoniem:
• bodeur

Afgelei:
• onderdeurgrendel

Vertaling:
Engels: lowerpart of a door
Nederlands: onderdeur

Nota:
• Onderdeur is skeibaar (as voorsetsel) in sinne soos: "hy loop onder die brug deur".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kompensasie
Volgende onderwerp: meriete
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 16:56:34 UTC 2024