Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vergoeding
vergoeding [boodskap #141599] Fri, 21 April 2023 09:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vergoeding
Afbreking: ver•goe•ding
Samestelling: vergoed + -ing


Selfstandige naamwoord: vergoeding
Meervoud: vergoedings
Verkleinwoord: vergoedinkie
Meervoud van verkleining: vergoedinkies

Betekenis:
• Kompensasie vir tyd bestee, kostes aangegaan of skade gely.

Gebruik:
• Onteiening sonder vergoeding is diefstal!
• Werkers kan ook vergoeding vir beserings, siekte of ongeskiktheid eis.

Sinoniem:
• beloning
• betaling
• kompensasie
• reparasie
• restitusie

Hiponiem:
• skadevergoeding
• oorlogsvergoeding

Afgelei:
• vergoedingsadministrasie
• vergoedingsbeleid
• vergoedingsdeskundige
• vergoedingsfaktore
• vergoedingskoers
• vergoedingstelsel

Vertaling:
Engels: compensation, payment, remuneration
Nederlands: vergoeding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kolleksie
Volgende onderwerp: kompensasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 17:03:27 UTC 2024