boublok [boodskap #141590] |
Thu, 20 April 2023 09:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
boublok
Afbreking: bou•blok
Samestelling: bou + blok
Selfstandige naamwoord: boublok
Meervoud: boublokke
Verkleinwoord: boublokkie
Meervoud van verkleining: boublokkies
Betekenis:
• 'n Blok waarmee gebou word, soms figuurlik, 'n onderdeel van 'n groter geheel.
Gebruik:
• Die transistor is die fundamentele boublok van elektroniese toerusting soos rekenaars en selfone.
Sinoniem:
• bestanddeel
• bousteen
• komponent
Vertaling:
Engels: building block
Nederlands: bouwblok
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|