| spat [boodskap #141587] |
Wo., 19 April 2023 18:34 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spat
Afbreking: spat
Werkwoord: spat
Verlede tyd: het gespat
Teenwoordige deelwoord: spattend, spattende
Verlede deelwoord: gespatte
Betekenis:
• Om deeltjies of druppeltjies te laat wegskiet of -spring.
• (figuurlik) Om pad te gee; vinnig weghardloop; spaander.
Gebruik:
• Kan die kinders nie bad sonder om te spat nie?
• Toe die diewe die wag sien, spat hulle in alle rigtings in.
Hiponiem:
• afspat
• bespat
• inspat
• omspat
• opspat
• uitmekaarspat
• uitspat
Vertaling:
Engels: to splash, splatter; to flee
Nederlands: spatten
Selfstandige naamwoord: spat
Meervoud: spatte
Verkleinwoord: spatjie
Meervoud van verkleining: spatjies
Betekenis:
• 'n Bietjie vloeistof wat op 'n voorwerp land, of 'n kol wat so ontstaan.
Gebruik:
• Met 'n spat van kleur en hope energie skop hierdie leerders die skoolvakansie af in ware retro-styl.
Hiponiem:
• bloedspat
• verfspat
Afgelei:
• spatbord
• spatlap
• spatsel
• spatskerm
• spatvry
Vertaling:
Engels: splatter, splash
Nederlands: spat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|