T-hemp [boodskap #141573] |
Di, 18 April 2023 10:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
T-hemp
Afbreking: T-hemp
Selfstandige naamwoord: T-hemp
Meervoud: T-hemde
Verkleinwoord: T-hempie
Meervoud van verkleining: T-hempies
Betekenis:
• Informele hemp sonder knope of 'n kraag in die vorm van 'n groot letter T.
Gebruik:
• Hy dra 'n T-help met die woorde "Heeltyd Speeltyd" daarop gedruk.
Sinoniem:
• teehemp
Hiperoniem:
• hemp
Afgelei:
• T-hempdag
Vertaling:
Engels: t-shirt
Nederlands: T-shirt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|