filmresensie [boodskap #141564] |
Ma, 17 April 2023 17:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
filmresensie
Afbreking: film•re•sen•sie
Samestelling: film + resensie
Selfstandige naamwoord: filmresensie
Meervoud: filmresensies
Betekenis:
• 'n Kritiese beoordeling van 'n fliek.
Gebruik:
• Leon van Nierop skryf gereeld filmresensies vir koerante en tydskrifte.
Sinoniem:
• fliekrubriek
• rolprentresensie
Vertaling:
Engels: film review, movie review
Nederlands: filmrecensie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|