vuurherd [boodskap #141561] |
Ma, 17 April 2023 12:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vuurherd
Afbreking: vuur•herd
Samestelling: vuur + herd
Selfstandige naamwoord: vuurherd
Meervoud: vuurherde
Verkleinwoord: vuurherdjie
Meervoud van verkleining: vuurherdjies
Betekenis:
• 'n Oop vuurmaakplek in 'n huis.
Gebruik:
• Gooi 'n nog 'n stuk hout in die vuurherd.
Spreekwoord:
• Uit die assies van jou vuurherd, sal jy nooit weer kole haal. [Wat verby is, is verby.]
Wisselvorm:
• vuurerd
Sinoniem:
• vuurkis
• vuurmaakplek
Hiponiem:
• es
• kaggel
• stookoond
• smidsvuurherd
Afgelei:
• vuurherdbesem
• vuurherdysters
Vertaling:
Engels: fireplace, fireside, hearth
Nederlands: vuurhaard
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|