deeltjiewerkwoord [boodskap #141556] |
Ma, 17 April 2023 08:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
deeltjiewerkwoord
Afbreking: deel•tjie•werk•woord
Samestelling: deeltjie + werkwoord
Selfstandige naamwoord: deeltjiewerkwoord
Meervoud: deeltjiewerkwoorde
Betekenis:
• 'n Skeibare werkwoord; werkwoord wat uit twee dele bestaan.
Gebruik:
• "Opeet" (eet op, opgeëet) is 'n deeltjiewerkwoord omdat dit opgebreek kan word in "op" en "eet".
Sinoniem:
• partikelwerkwoord
Hiperoniem:
• werkwoord
Vertaling:
Engels: particle verb
Nederlands: scheidbaar samengesteld werkwoord
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|