opsoek [boodskap #141555] |
Mon, 17 April 2023 07:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20807 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opsoek
Afbreking: op•soek
Samestelling: op + soek
Werkwoord: soek op, opsoek
Verlede tyd: het opgesoek
Betekenis:
• Om inligting na te slaan.
• Om besoek te bring.
Gebruik:
• Soek die woord in jou woordeboek op.
• Ek het 'n behoefte om my ou vriende te gaan opsoek.
Sinoniem:
• naslaan
• naspeur
• navors
• opspoor
• raadpleeg
• besoek
• inloer
• kuier
Afgelei:
• opsoekbaar
• opsoektabel
Vertaling:
Engels: to look up, search for
Nederlands: opsoek
Nota:
• Pasop om nie "opsoek" (ww.) met "op soek [na]" (twee woorde: "op" is 'n voorsetsel en "soek" is 'n s.nw.) te verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|