sedentêr [boodskap #141543] |
Vr, 14 April 2023 09:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sedentêr
Afbreking: se•den•têr
Byvoeglike naamwoord: sedentêr
Attributief: sedentêre
Betekenis:
• Wat 'n onaktiewe (sittende) lewe lei en meestal op een plek bly.
Gebruik:
• Talle beroepe het sedentêr van aard geword – met ander woorde gesete voor 'n rekenaarskerm.
• 'n Sedentêre leefwyse is ongesond en verlangsaam jou breinfunksie.
Sinoniem:
• sittend
Antoniem:
• nomadies
Vertaling:
Engels: sedentary
Nederlands: sedentair
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|