Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pylstert
pylstert [boodskap #141536] Wed, 12 April 2023 16:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21052
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Pylsterteend.
'n Pylsterteend.
'n Pylstertrog.
'n Pylstertrog.
pylstert
Afbreking: pyl•stert
Samestelling: pyl + stert


Selfstandige naamwoord: pylstert
Meervoud: pylsterte
Verkleinwoord: pylstertjie
Meervoud van verkleining: pylstertjies

Betekenis:
• 'n Pylvormige stert, of een van talle diere met so 'n stert.
• Die pylsterteend, Anas acuta.
• Die pylstertrog, pylstertvis of pylvis, soos die bloupylstert, heuningkoekpylstert, waaierpylstert, ens.
• Die pylstertmot, 'n nagvlinder in die familie Sphingidae.
• Die pylstertrooibekkie of pylstertweduweetjie, Vidua regia.
• 'n Seevoël in die familie Phaethontidae, o.a. die witpylstert, rooipylstert en rooibekpylstert.

Gebruik:
• Steve Irwin is dood nadat die pylstert van 'n pylstertvis sy hart deurboor het.
• Die pylstert is 'n eend met 'n lang gepunte stert met 'n voorkeur vir oop watergebiede.
• Die bloupylstert is 'n pylstert wat aan die hele kuslyn van Suid-Afrika in vlak, sanderige bodems voorkom.

Afgelei:
• pylsterteend
• pylstertmot
• pylstertrog

Vertaling:
Engels: arrow shaped tail; northern pintail; stingray; hawk moth; shaft-tailed whydah
Nederlands: pijlstaart; pijlstaarteend; pijlstaartrog; pijlstaartmot; koningswida

Nota:
• Pylstert (meestal met 'n hoofletter gespel) is 'n bynaam vir die Duiwel.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: konneksie
Volgende onderwerp: gepaard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 16 18:21:06 UTC 2025