Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kramp
kramp [boodskap #141530] Mon, 10 April 2023 20:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
kramp
Afbreking: kramp


Selfstandige naamwoord: kramp
Meervoud: krampe
Verkleinwoord: krampie
Meervoud van verkleining: krampies

Betekenis:
• Die skielike sametrekking van 'n spier (of spiere) wat pyn veroorsaak.
• (figuurlik) 'n Onaangename gevoel.

Gebruik:
• Ek het 'n kramp in my kuit.
• Sy gee my 'n kramp.

Sinoniem:
• spiersametrekking
• spierspasma
• spiertrekking

Hiponiem:
• buikkramp
• dermkramp
• gewoontekramp
• hartkramp
• kaakkramp
• kuitkramp
• lagkramp
• maagkramp
• nekkramp
• skryfkramp
• spierkramp

Afgelei:
• krampaanval
• krampagtig
• krampdruppels
• kramphoes
• kramplag
• krampmiddel
• kramppyn
• krampsiekte
• krampstillend
• krampwater
• krampwerend
• verkramp

Vertaling:
Engels: cramp, spasm
Nederlands: kramp


Werkwoord: kramp
Verlede tyd: het gekramp

Betekenis:
• Om pynlik saam te trek.

Gebruik:
• My maag kramp.

Vertaling:
Engels: to cramp
Nederlands: krampen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sanik
Volgende onderwerp: vibrasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 16:56:41 UTC 2024