Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bokspring
bokspring [boodskap #141527] Ma, 10 April 2023 13:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kinders wat bokspring.
Kinders wat bokspring.
'n Gimnas wat bokspring.
'n Gimnas wat bokspring.
bokspring
Afbreking: bok•spring
Samestelling: bok + spring


Werkwoord: bokspring
Verlede tyd: het gebokspring, het bokgespring

Betekenis:
• Om 'n sprong van blydskap of opgewondenheid te maak (soos 'n bok spring).
• Om oor 'n bok (in gimnastiek) of 'n persoon se rug te spring.
• (figuurlik) Om rond en bont te praat.

Gebruik:
• Die kinders huppel en bokspring oor die gras.
• Die seun bokspring oor sy maatjie se rug.
• Die beskuldigde bokspring van die een verweer na die volgende.

Spreekwoord:
• Hy laat hom bokspring. [Hy kry 'n pak slae.]

Sinoniem:
• baljaar
• kerjakker
• rinkink

Afgelei:
• bokspringend
• bokspringerig
• bokspringery

Vertaling:
Engels: to leap, gambol, buck‐jump
Nederlands: bokspringen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: leivoor
Volgende onderwerp: gekant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Nov 28 01:30:19 MGT 2024