Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lieweheersbesie
lieweheersbesie [boodskap #141523] Sun, 09 April 2023 16:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Lieweheersbesies
Lieweheersbesies
lieweheersbesie
Afbreking: lie•we•heers•be•sie
Samestelling: liewe + heer + -s- + besie


Selfstandige naamwoord: lieweheersbesie
Meervoud: lieweheersbesies

Betekenis:
• 'n Vlieënde kewer, dikwels geel, oranje of rooi met kolletjies op die vlerkdoppe, familie Coccinellidae.

Gebruik:
Lieweheersbesies is nuttige insekte wat plantluise en ander insekte vreet wat as plae in tuine, boorde en op plase beskou word.

Wisselvorm:
• liewenheersbesie

Sinoniem:
• skilpadbesie
• skilpadkewer

Vertaling:
Engels: ladybug, ladybird, lady beetle
Nederlands: lieveheersbeestjes

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vries
Volgende onderwerp: fieterjasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 17:28:23 UTC 2024