| ramkie [boodskap #141516] |
Sa., 08 April 2023 09:51 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Twee ramkies van blik.
ramkie
Afbreking: ram•kie
Selfstandige naamwoord: ramkie
Meervoud: ramkies
Verkleinwoord: ramkietjie (ramkiekie)
Meervoud van verkleining: ramkietjies (ramkiekies)
Betekenis:
• 'n Eenvoudige kitaar met snare wat oor 'n oliekan, plank of kalbas gespan is.
Gebruik:
• Op my ou ramkietjie, met nog net één snaar, speel ek in die maanskyn, deurmekaar. [C. Louis Leipoldt]
Sinoniem:
• blikkitaar
Vertaling:
Engels: ramkie
Nederlands: ramkie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|