Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tuimel
tuimel [boodskap #141513] Sat, 08 April 2023 08:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
tuimel
Afbreking: tui•mel


Werkwoord: tuimel
Verlede tyd: het getuimel

Betekenis:
• Om onderstebo of draaiend te val; halsoorkop neerstort.

Gebruik:
• Die baba het uit die woonstel se venster getuimel.

Spreekwoord:
• Dit tuimel in soos 'n kaartehuis. [Iets onstewigs wat in duie stort, misluk.]

Sinoniem:
• afstort
• neerstort
• omslaan
• omkantel
• omrol

Afgelei:
• aftuimel
• intuimel
• neertuimel
• omtuimel
• tuimelaar
• tuimeldroër
• tuimeldeur
• tuimelend
• tuimeling
• tuimelkar
• tuimelraam
• tuimelskakelaar
• tuimeltrein
• tuimelvaart
• tuimelvenster

Vertaling:
Engels: to tumble, topple over
Nederlands: tuimelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: duiselingwekkend
Volgende onderwerp: bosbewaring
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 17:11:50 UTC 2024