perpleks [boodskap #141506] |
Fri, 07 April 2023 17:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
perpleks
Afbreking: per•pleks
Byvoeglike naamwoord: perpleks
Attributief: perplekse
Betekenis:
• Onkant gevang. Uit die veld geslaan.
Gebruik:
• Die man was perpleks en het nie geweet hoe om te reageer nie.
Sinoniem:
• dronkgeslaan
• onthuts
• oorbluf
• stomverbaas
• verbluf
• verbysterd
• verslae
• verward
• verwonder
Afgelei:
• perpleksiteit
Vertaling:
Engels: bewildered, perplexed
Nederlands: perplex
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|