Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verbinding
verbinding [boodskap #141500] Thu, 06 April 2023 19:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
verbinding
Afbreking: ver•bin•ding
Samestelling: verbind + -ing


Selfstandige naamwoord: verbinding
Meervoud: verbindings, verbindinge
Verkleinwoord: verbindinkie
Meervoud van verkleining: verbindinkies

Betekenis:
• Die handeling saamvoeg of verbind, of die resultaat daarvan.
• (kommunikasie) Metode vir mense om in kontak te bly.
• (chemie) 'n Stof van twee of meer elemente waarvan die atome 'n binding gevorm het.

Gebruik:
• "Privaat sak" is 'n verbinding van 'n byvoeglike en 'n selfstandige naamwoord, en word daarom los geskryf.
• Die boere gebruik radio's om met mekaar in verbinding te bly.
• Ammoniak is 'n verbinding van waterstof en stikstof.

Sinoniem:
• aanhegting
• aansluiting
• hegting
• konneksie
• koppeling
• samebinding

Hiponiem:
• aardverbinding
• busverbinding
• dataverbinding
• breëbandverbinding
• deurverbinding
• fluoorverbinding
• fosfaatverbinding
• fosforverbinding
• gewrigsverbinding
• goudverbinding
• halogeenverbinding
• kaliumverbinding
• kalkverbinding
• kanaalverbinding
• kattingverbinding
• klankverbinding
• kommunikasieverbinding
• koolstofverbinding
• koperverbinding
• kruisverbinding
• kwikverbinding
• landverbinding
• letterverbinding
• loodverbinding
• merkuriverbinding
• merkuroverbinding
• mineraalverbinding
• posverbinding
• radioverbinding
• skarnierverbinding
• skeepvaartverbinding
• sokverbinding
• spoorverbinding
• spoorwegverbinding
• stanniverbinding
• stannoverbinding
• stikstofverbinding
• stoomvaartverbinding
• suurstofverbinding
• swaelverbinding
• tapverbinding
• telefoonverbinding
• WiFi-verbinding

Afgelei:
• verbindingsdeur
• verbindingsdraad
• verbindingsgang
• verbindingshaak
• verbindingskakel
• verbindingskanaal
• verbindingsklem
• verbindingskorridor
• verbindingsleiding
• verbindingslinie
• verbindingslyn
• verbindingsmiddel
• verbindingsnet
• verbindingspad
• verbindingspen
• verbindingsplaat
• verbindingsplek
• verbindingspoor
• verbindingspunt
• verbindingspyp
• verbindingstang
• verbindingsteken
• verbindingstelsel
• verbindingstreep
• verbindingstroepe
• verbindingstuk
• verbindingsweë
• verbindingsweg
• verbindingswoord

Afkorting:
• verb.

Vertaling:
Engels: combination, junction, union; connection, link; compound
Nederlands: verbinding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: memorabilia
Volgende onderwerp: oudword
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 16:53:35 UTC 2024