klets [boodskap #141494] |
Do, 06 April 2023 07:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
klets
Afbreking: klets
Werkwoord: klets
Verlede tyd: het geklets
Betekenis:
• Om oor onbenullige sake te gesels; bogpraatjies praat.
• (ongewoon) Om 'n klap te gee, of om die klank van 'n slag te maak.
Gebruik:
• Die vrouens het die hele aand gesit en klets.
• Die donderweer dreun en die reën klets teen die ruite.
Sinoniem:
• babbel
• brabbel
• gesels
• kekkel
• praat
• rammel
• skinder
• snater
• bles
• klap
• plof
• slaan
Afgelei:
• kletser
• kletserig
• kletsery
• kletsgroep
• kletskous
• kletsnat
• kletspraatjie
• kletsprogram
• kletsrym
• kletsrymer
Vertaling:
Engels: to gossip, babble, chat; to slap, smack
Nederlands: kletsen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|