Paassondag [boodskap #141488] |
Wed, 05 April 2023 15:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Paassondag
Afbreking: Paas•son•dag
Samestelling: Paas(fees) + Sondag
Selfstandige naamwoord: Paassondag
Meervoud: Paassondae
Verkleinwoord: Paassondaggie
Meervoud van verkleining: Paassondaggies
Betekenis:
• Die Sondag ná Goeie Vrydag, waarop die opstanding van Christus feestelik herdenk word.
Gebruik:
• Paassondag val op die eerste Sondag na die eerste volmaan op of ná die dag-en-nagewening van 21 Maart.
Sinoniem:
• Opstandingsdag
Verwant:
• Goeie Vrydag
• Paasmaandag
Vertaling:
Engels: Easter Sunday
Nederlands: paaszondag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|