Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mnemoniek
mnemoniek [boodskap #141476] Ma., 03 April 2023 17:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26619
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
mnemoniek
Afbreking: mne•mo•niek


Selfstandige naamwoord: mnemoniek
Meervoud: mnemonieke

Betekenis:
• 'n Metode of middel om iets maklik te onthou.
• Die studie van tegnieke om dinge makliker te onthou (geen meervoud).

Gebruik:
• "Meneer van As my jas sal u nie pas", is 'n mnemoniek om die planete se volgorde te onthou, nl. Mercurius, Venus Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus, Neptunus en Pluto.
• Mnemoniek behels die studie van tegnieke soos assosiasies en rympies om groot hoeveelhede inligting te memoriseer.

Sinoniem:
• donkiebrug
• eselbrug
• geheuehulp
• mnemotegniek
• geheuekuns
• geheueleer

Verwant:
• mnemonies

Vertaling:
Engels: mnemonic; mnemonics
Nederlands: mnemotechniek; mnemoniek, geheugenkunst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sluheid
Volgende onderwerp: bofbalveld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Sep. 26 00:25:54 UTC 2026