intrek [boodskap #141460] |
Sa, 01 April 2023 09:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
intrek
Afbreking: in•trek
Samestelling: in + trek
Werkwoord: trek in, intrek
Verlede tyd: het ingetrek
Betekenis:
• Om nader/ na binne te trek; binnesleep, insuig.
• Om 'n woning of gebied te beset; betree, betrek.
• Om terug te neem; terugtrek, terugneem, kanselleer, ophef.
Gebruik:
• Jy moet jou maag intrek. Die vissersboot het sy nette ingetrek.
• Wanneer trek julle in?
• Die regering het sy paspoort ingetrek.
Spreekwoord:
• Die gordel stywer intrek. [Met minder as voorheen klaarkom.]
Antoniem:
• uitstoot
• uittrek
Afgelei:
• intrekbaar
• intrekker
• intrekking
Vertaling:
Engels: to pull in; to occupy, move in; to retract, revoke, cancel
Nederlands: intrekken
Selfstandige naamwoord: intrek
Meervoud: –
Betekenis:
• Die handeling van intrek.
Gebruik:
• Die intrek in die nuwe skoolgebou vind op 1 Julie plaas.
Vertaling:
Engels: the move into
Nederlands: de intrek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|