homeopatie [boodskap #141454] |
Vr, 31 Maart 2023 15:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
homeopatie
Afbreking: ho•meo•pa•tie
Selfstandige naamwoord: homeopatie
Meervoud: –
Betekenis:
• Die behandeling van 'n siekte deur 'n uiters verdunde vorm van dit wat die siekte veroorsaak as medikasie te neem.
Gebruik:
• Homeopatie is 'n pseudowetenskaplike stelsel van alternatiewe medisyne wat gebaseer is op die teorie dat water 'n "geheue" het.
Wisselvorm:
• homopatie
Antoniem:
• allopatie
Afgelei:
• homeopaat
• homeopaties
Vertaling:
Engels: homeopathy
Nederlands: homeopathie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|