môrestond [boodskap #141446] |
Do, 30 Maart 2023 13:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
môrestond
Afbreking: mô•re•stond
Samestelling: môre + stond
Selfstandige naamwoord: môrestond
Meervoud: –
Betekenis:
• Die aanbreek van die nuwe dag; tyd net voor die sonsopkoms.
Gebruik:
• Ons moet vroeg opstaan sodat ons teen môrestond by die viswaters kan wees.
Spreekwoord:
• Die môrestond het goud in die mond. [Dit is tot jou voordeel om vroeg op te staan.]
Wisselvorm:
• morestond
Sinoniem:
• dagbreek
• daeraad
• lumier
• môregloed
• oggendstond
• rooidag
• vroegdag
Vertaling:
Engels: break of day, dawn
Nederlands: dageraad, ochtendgloren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|