ysingwekkend [boodskap #141442] |
Do, 30 Maart 2023 09:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ysingwekkend
Afbreking: ys•ing•wek•kend
Samestelling: ysing + wekkend
Byvoeglike naamwoord: ysingwekkend
Vergrotende trap: ysingwekkender
Oortreffende trap: ysingwekkendeste
Attributief: ysingwekkende
Partitief: ysingwekkends
Betekenis:
• Wat so erg is dat dit 'n mens koue rillings gee.
Gebruik:
• Die regter het die voorval as barbaars en ysingwekkend beskryf.
Sinoniem:
• afgryslik
• angsaanjaend
• angswekkend
• grusaam
• skrikaanjaend
• skrikbarend
• skrikwekkend
• verskriklik
• vreesaanjaend
Vertaling:
Engels: chilling, gruesome, appalling, ghastly, horrifying, frightening
Nederlands: ijzingwekkend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|