Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » kernreaktors
kernreaktors [boodskap #16816] Fri, 14 August 1998 00:00 na volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: June 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoor die groot hoepla oor die beplande kernreaktors in die Kaap.
Ek weet dat die bestaande Koeberg kernreaktor gedurig allerhande
probleme het en boonop nie 'n finansiële sukses is nie. Ek stel baie
belang in die moontlike nuwe reaktors. Kan iemand wat meer hiervan
weet my dalk meer inligting gee?

Billy.
Re: kernreaktors [boodskap #16870 is 'n antwoord op boodskap #16816] Sun, 16 August 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 14 Aug 1998 17:32:48 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:
> Ek weet dat die bestaande Koeberg kernreaktor gedurig allerhande
> probleme het en boonop nie 'n finansiële sukses is nie. Ek stel baie
> belang in die moontlike nuwe reaktors. Kan iemand wat meer hiervan
> weet my dalk meer inligting gee?>>

Daar was n stuk in The Star n tyd terug.
Ook in Beeld verlede week.
Albei behoort op die koerante se Internet-blaaie in die argiewe te
wees.

Sover ek onthou is dit "pebble bed" reaktors??!!

Glo kompak. Iets soos vier of agt of iets kan teoreties op n rugbyveld
pas.

Daar word glo beoog om n paar by Koeberg te bou.

Daar word gepraat van uitvoer van die eenhede.
Re: kernreaktors [boodskap #16894 is 'n antwoord op boodskap #16816] Mon, 17 August 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: June 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Fri, 14 Aug 1998 17:32:48 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:
>
>> Ek weet dat die bestaande Koeberg kernreaktor gedurig allerhande
>> probleme het en boonop nie 'n finansiële sukses is nie. Ek stel baie
>> belang in die moontlike nuwe reaktors. Kan iemand wat meer hiervan
>> weet my dalk meer inligting gee?>>
>
> Daar was n stuk in The Star n tyd terug.
> Ook in Beeld verlede week.
> Albei behoort op die koerante se Internet-blaaie in die argiewe te
> wees.
>
> Sover ek onthou is dit "pebble bed" reaktors??!!
>
> Glo kompak. Iets soos vier of agt of iets kan teoreties op n rugbyveld
> pas.
>
> Daar word glo beoog om n paar by Koeberg te bou.
>
> Daar word geplaat van uitvoer van die eenhede.
>
> Dit pla my vreeslik dat Suid Afrika nou meer kernkrag wil aanle.

Ek kan my net nie indink dat die toekomstige reaktors veilig beheer sal kan
word in n land waar mense nie genoeg opleiding ontvang het nie. Die
politieke sake is ook so onstabiel en plofbaar dat ek werklik nagmerries kry
oor die ding. Kernkrag is nie n onskuldige saak nie. Boonop is dit nie n land
met veel vars water nie. As die kernkragstasies langs vars water gebou gaan
word om verkoeling te verskaf is dit n verdere moontlike probleem as die
bleddie goed begin lek. Dit maak nie saak hoe veilig en versigtig die werkers
is nie - daar is altyd n paar insidente waar die kernbelaaide water ontsnap.
As hulle nie met water verkoel word nie gaan hulle so duur wees dat die hele
ding finansieel n totale gemors kan wees. Heelparty ander lande het al
ondersoek ingestel en probeer om die kleiner kernstasies te bou maar hulle
het besluit dat dit nie n goeie idee is nie. Dus verstaan ek glad nie hoekom
dit juis nou beplan word nie. Ek is nie gewoonlik op soek na geheime
komplotte nie maar hier is vir my iets wat nie sin maak nie.

Billy.
Re: kernreaktors [boodskap #16922 is 'n antwoord op boodskap #16816] Tue, 18 August 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
bi...@mgenerations.net wrote:
> In article ,
> ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
>> On Fri, 14 Aug 1998 17:32:48 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:
>>
>>> Ek weet dat die bestaande Koeberg kernreaktor gedurig allerhande
>>> probleme het en boonop nie 'n finansiële sukses is nie. Ek stel baie
>>> belang in die moontlike nuwe reaktors. Kan iemand wat meer hiervan
>>> weet my dalk meer inligting gee?>>
>>
>> Daar was n stuk in The Star n tyd terug.
>> Ook in Beeld verlede week.
>> Albei behoort op die koerante se Internet-blaaie in die argiewe te
>> wees.
>>
>> Sover ek onthou is dit "pebble bed" reaktors??!!

Korrek. 'n Duitse ontwikkeling, sover ek kan agterkom.

>>
>> Glo kompak. Iets soos vier of agt of iets kan teoreties op n rugbyveld
>> pas.
>

In eenhede van 100MW kapasitieit. Die 100 MW syfer is blykbaar 'n syfer wat
redelik veilig is, aangesien die massa uraan (en dis uraan, en nie Plutonium nie)
wat vir daardie kapasiteit gebruik word, redelik stabiel is.

>>
>> Daar word glo beoog om n paar by Koeberg te bou.
>>
>> Daar word geplaat van uitvoer van die eenhede.

'n Groot moontlikheid, wat nogal baie valuta kan inbring.

>> Dit pla my vreeslik dat Suid Afrika nou meer kernkrag wil aanle.

Ek sou nie baie bang wees daaroor nie. Ekonomies maak dit vir my sin. Kahora
Bassa is nie die antwoord vir alle probleme nie. Om nog kapasitieit uit KB te
kry, gaan derjoene kos. Om nog 'n fossielstasie te bou, gaan uit 'n
omgewingsperpektief baie on-PC wees, en net soveel kos soos 'n Pebble-bed stasie.

> Ek kan my net nie indink dat die toekomstige reaktors veilig beheer sal kan
> word in n land waar mense nie genoeg opleiding ontvang het nie. Die
> politieke sake is ook so onstabiel en plofbaar dat ek werklik nagmerries kry
> oor die ding. Kernkrag is nie n onskuldige saak nie. Boonop is dit nie n land
> met veel vars water nie. As die kernkragstasies langs vars water gebou gaan
> word om verkoeling te verskaf is dit n verdere moontlike probleem as die
> bleddie goed begin lek. Dit maak nie saak hoe veilig en versigtig die werkers
> is nie - daar is altyd n paar insidente waar die kernbelaaide water ontsnap.
> As hulle nie met water verkoel word nie gaan hulle so duur wees dat die hele
> ding finansieel n totale gemors kan wees. Heelparty ander lande het al
> ondersoek ingestel en probeer om die kleiner kernstasies te bou maar hulle
> het besluit dat dit nie n goeie idee is nie. Dus verstaan ek glad nie hoekom
> dit juis nou beplan word nie. Ek is nie gewoonlik op soek na geheime
> komplotte nie maar hier is vir my iets wat nie sin maak nie.

Vloeibare natrium word met groot sukses in Russiese duikbote gebruik, om maar net
een voorbeeld te noem. Water is nie die enigste verkoelmiddel nie. Na bied ook sy
eie voordele, naamlik dat pomp daarvan 'n betreklik maklike proses is.

Ek weet nie hoekom die ding nou beplan word nie, behalwe dalk dat die
fossielbrandstof nie vir ewig kan hou nie, en dat nuwe fossielaanlegte te duur
sal wees. Eskom se kapasiteit is of te veel, of te min, afhangende van wie jy mee
gesels.

Hoop dit help effens

H-J
Re: kernreaktors [boodskap #17041 is 'n antwoord op boodskap #16816] Mon, 24 August 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 17 Aug 1998 23:17:19 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:
> word in 'n land waar mense nie genoeg opleiding ontvang het nie. Die
> politieke sake is ook so onstabiel en plofbaar ..>>

Wat bedoel jy hiermee?
Re: kernreaktors [boodskap #17067 is 'n antwoord op boodskap #16816] Tue, 25 August 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: June 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Mon, 17 Aug 1998 23:17:19 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:
>
> sal kan
>> word in n land waar mense nie genoeg opleiding ontvang het nie. Die
>> politieke sake is ook so onstabiel en plofbaar ..>>
>
> Wat bedoel jy hiermee?
>
Omdat Suid Afrika soveel later as baie van die oorseese lande
n kernreak gebou het, staan ons ver agter in kennis en ondrvinding .
Dit is werklik n vreeslike komplekse operasie om kernreaktors veilig
en teen n wins te laat werk. Omdat daar net een reaktor is is daar
n tekort aan moontlikhede om ondervinding op te doen. Die land
is besig om deur soveel asemrowende veranderinge te gaan dat ek
wonder of ons mooi weet wat voor le. Kyk maar Noord vandag,
daar broei nou n groot potensiale oorlog in Afrika - dit kan gesien
word as n voorbeeld dat die lewe onvoorspelbaar en dalk plofbaar
kan wees. Wat ek eitlik wil se is dat kernreaktors baie gevaarlik is
as die regering en die werkers nie 100% weet wat hulle doen nie.
Is Suid Afrika nou vandag vir jou n land wat stabiel is sonder
probleme met opleiding van tegniese personeel? In lande wat
nie kan bekostig om die duur reaktors in n goeie toestand te
hou nie -en hulle is baie duur - kom daar gereeld probelem voor,
dink maar aan Chernobyl...

Billy.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: kernreaktors [boodskap #17487 is 'n antwoord op boodskap #16816] Sun, 13 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 16 Aug 1998 22:00:16 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Fri, 14 Aug 1998 17:32:48 GMT, bi...@mgenerations.net wrote:
>
>> Ek weet dat die bestaande Koeberg kernreaktor gedurig allerhande
>> probleme het en boonop nie 'n finansiële sukses is nie. Ek stel baie
>> belang in die moontlike nuwe reaktors. Kan iemand wat meer hiervan
>> weet my dalk meer inligting gee?>>
>
> Daar was n stuk in The Star 'n tyd terug.
> Ook in Beeld verlede week.
> Albei behoort op die koerante se Internet-blaaie in die argiewe te
> wees.
>
> Sover ek onthou is dit "pebble bed" reaktors??!!
>
Politiek het nog altyd 'n rol gespeel by Koeberg.
Eskom het hulle behoeftes oorskat en op basis daarop
Koeberg gebou. Hulle is meermalle gewys op hulle fout deur amptenare
van diie AEK.

Die "pebble bed reactors" het hulle in Duitsland laat ontwikkel op eie
inisiatief. Die AEK was geensins daarby betrokke nie.

Eskom doen hulle eie ding.

dewald
Vorige onderwerp: Gedivht : De Gelatene / J.C. Bloem
Volgende onderwerp: werk buite suid afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 13:54:15 UTC 2024