folter [boodskap #141430] |
Tue, 28 March 2023 20:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
folter
Afbreking: fol•ter
Werkwoord: folter
Verlede tyd: het gefolter
Betekenis:
• Om iemand aan wrede liggaamlike of geestelike pyn te onderwerp.
Gebruik:
• Die soldate folter die gevangene wat nie wil praat nie.
Sinoniem:
• kasty
• martel
• pynig
• teister
Afgelei:
• folteraar
• folterbank
• folterdood
• folterend
• foltergees
• foltering
• folterkamer
• folterpaal
• folterpyn
• foltertuig
• folterwerktuig
Vertaling:
Engels: to torture, torment
Nederlands: folteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|