Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gewigtig
gewigtig [boodskap #141427] Tue, 28 March 2023 11:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20947
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gewigtig
Afbreking: ge•wig•tig
Samestelling: gewig + -tig


Byvoeglike naamwoord: gewigtig
Vergrotende trap: gewigtiger
Oortreffende trap: gewigtigste
Attributief: gewigtige
Partitief: gewigtigs

Betekenis:
• Met 'n groot gewig.
• (figuurlik) Wat ernstig en belangrik is.

Gebruik:
• Die meeste vroue se handsakke lyk vir my redelik gewigtig.
• Dit is 'n gewigtige besluit wat nie ligtelik geneem kan word nie.

Sinoniem:
• belangrik
• betekenisvol
• deurtastend
• ernstig
• ingrypend
• veelseggend
• verreikend

Afgelei:
• gewigtigheid

Vertaling:
Engels: heavy, weighty; important, momentous
Nederlands: gewichtig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: waarvandaan
Volgende onderwerp: ysterperd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 01 15:22:15 UTC 2025