skisofrenie [boodskap #141409] |
Sun, 26 March 2023 16:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20947 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skisofrenie
Afbreking: ski•so•fre•nie
Selfstandige naamwoord: skisofrenie
Meervoud: –
Betekenis:
• Geestestoestand gekenmerk aan abnormale sosiale gedrag en die onvermoë om te besef wat die werklikheid is.
Gebruik:
• Skisofrenie word hoofsaaklik met antipsigotiese medikasie behandel wat die dopamienreseptore onderdruk.
Afgelei:
• skisofreen
• skisofrenies
Vertaling:
Engels: schizophrenia
Nederlands: schizofrenie
Nota:
• Van Antieke Griekse, skhizein ("om te splits") en phrēn ("gees"), maar skisofrenie is nie dieselfde as 'n "gesplete persoonlikheid" nie!
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|