teweegbring [boodskap #141396] |
Sat, 25 March 2023 18:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20947 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
teweegbring
Afbreking: te•weeg•bring
Samestelling: teweeg + bring
Werkwoord: bring teweeg, teweegbring
Verlede tyd: het teweeggebring
Betekenis:
• Om iets te veroorsaak; tot stand bring.
Gebruik:
• 'n Krisis kan 'n keerpunt in 'n mens se lewe teweegbring.
Sinoniem:
• bewerkstellig
• induseer
• veroorsaak
• verwesenlik
Vertaling:
Engels: to bring about, bring to pass, cause, effect
Nederlands: teweegbrengen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|