Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » haarfyn
haarfyn [boodskap #141385] Vr, 24 Maart 2023 18:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
haarfyn
Afbreking: haar•fyn
Samestelling: haar + fyn


Byvoeglike naamwoord: haarfyn
Attributief: haarfyne

Betekenis:
• In die fynste detail; baie presies.
• Baie fyn in tekstuur. So fyn soos 'n haar.

Gebruik:
• Sy het haar vakansie haarfyn beplan.
• Die vleis is vol haarfyn aartjies.

Sinoniem:
• gedetailleerd
• noukeurig
• presies

Vertaling:
Engels: in detail; as fine as a hair
Nederlands: haarfijn

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: papsag
Volgende onderwerp: loodswaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 08:34:37 MGT 2024