opbouend [boodskap #141379] |
Vr, 24 Maart 2023 13:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opbouend
Afbreking: op•bou•end
Samestelling: opbou + -end
Byvoeglike naamwoord: opbouend
Vergrotende trap: opbouender
Oortreffende trap: opbouendste
Attributief: opbouende
Partitief: opbouends
Betekenis:
• Wat opbou of positief beïnvloed.
Gebruik:
• "Alles is geoorloof," sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie. [1 Korintiërs 10:23]
Sinoniem:
• bemoedigend
• besielend
• konstruktief
• ondersteunend
• opbeurend
• opheffend
• positief
• welwillend
Antoniem:
• afbrekend
Vertaling:
Engels: constructive, uplifting
Nederlands: opbouwend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van opbou.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|