liefdeloos [boodskap #141370] |
Wo, 22 Maart 2023 20:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
liefdeloos
Afbreking: lief•de•loos
Samestelling: liefde + -loos
Byvoeglike naamwoord: liefdeloos
Vergrotende trap: liefdeloser
Oortreffende trap: liefdeloosste
Attributief: liefdelose
Betekenis:
• Sonder liefde, teerheid en medelye.
Gebruik:
• 'n Mens kan so maklik liefdeloos teenoor jou medemens optree, ja selfs teenoor jou eie man, vrou, kinders of familie.
Sinoniem:
• harteloos
• koud
• onbarmhartig
• onsimpatiek
• stief
Antoniem:
• liefdevol
Afgelei:
• liefdeloosheid
Vertaling:
Engels: loveless
Nederlands: liefdeloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|