woorddoofheid [boodskap #141367] |
Wo, 22 Maart 2023 18:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
woorddoofheid
Afbreking: woord•doof•heid
Samestelling: woord + doofheid
Selfstandige naamwoord: woorddoofheid
Meervoud: –
Betekenis:
• Die onvermoë om woorde te verstaan, sonder om fisies doof te wees.
Gebruik:
• Woorddoofheid is 'n seldsame tipe afasie wat meestal deur beroerte veroorsaak word.
Sinoniem:
• gehoorafasie
Vertaling:
Engels: word deafness, auditory aphasia
Nederlands: woorddoofheid, auditieve afasie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|