gehoorafasie [boodskap #141366] |
Wo, 22 Maart 2023 18:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gehoorafasie
Afbreking: ge•hoor•a•fa•sie
Samestelling: gehoor + afasie
Selfstandige naamwoord: gehoorafasie
Meervoud: –
Betekenis:
• Die onvermoë om woorde te verstaan, sonder om fisies doof te wees.
Gebruik:
• Gehoorafasie is enige vorm van Wernicke se afasie wat begrip van gesproke taal beïnvloed, in teenstelling met geskrewe taal.
Sinoniem:
• woorddoofheid
Vertaling:
Engels: auditory aphasia, word deafness
Nederlands: auditieve afasie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|