onbedaarlik [boodskap #141354] |
Di, 21 Maart 2023 16:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onbedaarlik
Afbreking: on•be•daar•lik
Samestelling: on- + bedaar + -lik
Byvoeglike naamwoord: onbedaarlik
Vergrotende trap: onbedaarliker
Oortreffende trap: onbedaarlikste
Attributief: onbedaarlike
Betekenis:
• Wat nie bedaar kan word nie.
Gebruik:
• Sy het onbedaarlik gehuil.
• Hy het 'n onbedaarlike tandpyn ontwikkel.
Sinoniem:
• erg
• heftig
• hewig
• intens
• kwaai
• onbedwingbaar
• onbeheerbaar
• onstuitbaar
Vertaling:
Engels: uncontrollably, irrepressible
Nederlands: onbedaarlijk
Nota:
• Meestal as bywoord.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|