bosluisvoël [boodskap #141352] |
Di, 21 Maart 2023 11:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bosluisvoël
Afbreking: bos•luis•voël
Samestelling: bosluis + voël
Selfstandige naamwoord: bosluisvoël
Meervoud: bosluisvoëls
Verkleinwoord: bosluisvoëltjie
Meervoud van verkleining: bosluisvoëltjies
Betekenis:
• Algemene naam vir 'n voël wat bosluise vreet.
• Die renostervoël, genus Buphagus of Sturnidae.
• Die veereier, 'n klein wit voël, Bubulcus ibis.
Gebruik:
• Bosluisvoël is 'n volksnaam vir die renostervoël en die veereier, twee totaal verskillende spesies.
• Die bosluisvoël is bruingeel met rooi of geel bek met die gewoonte om op plaasdiere te sit en bosluise te vang.
• Die bosluisvoël is 'n klein, kompakte witreier met 'n kort, geel snawel, nek en bene.
Vertaling:
Engels: tick earting bird; oxpecker; cattle egret
Nederlands: teek etende vogel; ossenpikker; koereiger
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|