smag [boodskap #141351] |
Tue, 21 March 2023 10:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20947 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
smag
Afbreking: smag
Werkwoord: smag
Verlede tyd: het gesmag
Betekenis:
• Om 'n sterk verlange/ vurige begeerte na iets te hê.
Gebruik:
• Soos 'n wildsbok smag na water, so smag ek na U, o God. [Psalms 42:2]
Sinoniem:
• begeer
• hunker
• uitsien
• verlang
• wens
Afgelei:
• smagtend
• smagting
• versmag
Vertaling:
Engels: to long, yearn, pine for
Nederlands: smachten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|