karwy [boodskap #141350] |
Tue, 21 March 2023 08:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20947 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
karwy
Afbreking: kar•wy
Selfstandige naamwoord: karwy
Meervoud: karwye
Betekenis:
• 'n Tweejarige plant in die familie van skermblomme, Carum carvi, of die sade daarvan wat as spesery gebruik word.
Gebruik:
• Die karwy se saad word o.a. gebruik vir maagprobleme (winderigheid, krampe, opgeblaasdheid), asook om eetlus en menstruasie te bevorder.
Verwant:
• komyn
Vertaling:
Engels: caraway, meridian fennel, Persian cumin
Nederlands: karwij, kummel
Nota:
• Moenie "karwy" met "karwei" (om mense of goedere rond te ry) verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|