vervloek [boodskap #141338] |
Sun, 19 March 2023 08:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20947 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vervloek
Afbreking: ver•vloek
Samestelling: ver- + vloek
Werkwoord: vervloek
Verlede tyd: het vervloek
Betekenis:
• Om 'n vloek oor iemand uit te spreek.
Gebruik:
• En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. [Genesis 12:3]
Sinoniem:
• beswadder
• verdoem
• verwens
Antoniem:
• seën
Afgelei:
• vervloeking
Vertaling:
Engels: to curse, damn
Nederlands: vervloeken
Byvoeglike naamwoord: vervloek
Attributief: vervloekte
Betekenis:
• Waarteen bose gevoelens gekoester word.
Gebruik:
• Die vervloekte ketel wil nie werk nie.
Vertaling:
Engels: cursed, damned
Nederlands: vervloekt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|