SAKP stem saam met ANC finansiële beleid?? [boodskap #16787] |
Thu, 13 August 1998 00:00 |
Gideon
Boodskappe: 194 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wel, wel
Ek het dit vandag nogal heel interessant gevind om die artikel van die
Mail&Guardian van die 11e te lees oor die verskille en konflik tussen die ANC
en die SAKP oor die ANC se finansiële beleid (en GEAR). Ek het in my antwoord
op Ferdi se stellings/vrae wat oor my vrae gegaan het insake die moontlike
probleme wat die SAKP en COSATO gedeeltes van die Alliansie kan veroorsaak
vir die ANC (dit was nou 'n lomp sin), genoem van die ongelukkigheid van die
Arbeidsfaksie met GEAR. Volg die onderstaande om meer te lees hieroor.
http://www.mg.co.za/mg/news/98aug1/11aug-sacp.html
Nou kom die vraag weer op - Is dit net voor-'94-vrese wat maak dat ons dink
dat die SAKP-gedeelte van die Alliansie moontlik kan probleme voorspel vir
die land se ekonomie?
Kom aan Ferdi - ek wag nog vir jou repliek op my bekommernisse soos uitgedruk.
-Gideon-
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
|